Pussy Riot

Pussy Riot is 'n Russiese, feministiese en musikale protesgroep in Moskou wat gewild geword het danksy hulle uitlokkende punk rock, wat later in 'n toegankliker musiekstyl verander het. Die groep is in Augustus 2011 gestig en het toe altesaam 11 vrouelede gehad. Die groep het ongemagtigde, uitlokkende guerrilla gigs (konserte op 'n ongewone plek of in 'n ongewone vorm) op openbare plekke uitgevoer. Dié optredes is dan as musiekvideo's verfilm en op die internet geplaas. Die groep se liriektemas sluit in feminisme; LGBT-regte; teenstand teen die Russiese president, Wladimir Poetin, en sy beleide; en Poetin se bande met die leiers van die Russies-Ortodokse Kerk.


Developed by StudentB